Het ons ook nie almal ook maar issue-goete nie…

Met eerste oogopslag was ek meer gefasineerd deur die song se awesome melodie. Die visuals was 'n sideshow …ag wat net nog 'n soppie video van 'n ou wat iets 'verloor' het en 'n(sy) meisietjie wat in nag clubs dans….

Na so die derde keer se kyk…begin ek toe sien dat dit wat ek nog die heeltyd 'gesien' het, nie sin maak nie. Almal kom dan uit dieselfde huis…dus kan die nie 'n gewone ou/meisietjie storie wees nie.

Nee, dis 'n family met erge issues hierdie…en kyk hoe die mense se oe dit als beautifully vertel. Seun en ma saam… seun met sy lugmag verwerping issue… die ma se pyn daaroor en waarskynlik ook haar koorsagtige denke… van waar is my man dan weer vanaand?

Dan pa en dogter…saam….saam in hul verraad. Die pa ongemaklik en ontuis in nagclub stoel so ver van eie huis. Die dogter min gekleed, gevleg om 'n paal koud. Beide is so busted vanaand! Oe van die pa sien sy eie dogter daar…wit soos laken is hy gou… sy sien die man, haar eie pa, se verraad.

Die tuiskoms… Daar word geklop aan hul eie voordeur? Geen sleutels van hul eie die keer? Ma en seun kom na deur…waar vier stelle oe ontmoet….. wys hul ongelooflik mooi die tekens van skok, verraad, mislukking, teleurstelling...waar deure sluit…